Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Re: Woltemade se perd - Die gedig van Leipolt
Re: Woltemade se perd - Die gedig van Leipolt [boodskap #12161] Sa, 17 Januarie 1998 00:00
jack  is tans af-lyn  jack
Boodskappe: 3
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Teunis vanRee wrote:
>
> Iemand vra my nou die dag wat was die naam van Wolraad Woltemade se perd.
> Ek het nie gedink dis bekend nie, maar sy verseker my sy het die naam erens
> gesien. Nou is ek nuuskierig....weet een van julle miskien wat dit was?
> Nie een van die amptelike stories wat ek sover gelees het, noem sy naam nie,
> maar nou verneem ek Leipoldt en Keet het oor Woltemade gedig. Miskien kom
> die naam daarin voor? asseblief, die nuuskierigheid vreet my op!!
>
> Groetnis
>
> http://www.nis.za/~vanreet/index.html
Die gedig oor Wolraadt van Leipolt

Hoera vir Wolraadt Wolraadt Te Made
Hoera vir Wolraadt, hys vasberade

Hy gaan na die beech om die surf uit te kyk
Sien daar n skippie lelik in die knyp

Hy wou toe gaan om die mense te red
maar sy perdjie was te vet

Hoera vir Wolraadt Wolraad te made
Hoera vir Wolraadt hys vasberade.

Leipolt se spelling was maar treurig omdat hy in die taalstryd groot
geword het toe die mense nog nie mooi Afrikaans kon praat nie. Hy het
egter in sy eenvoud baie gediggies geskryf terwyl hy zol gerook het. n
Ander mooi Afrikaanse gediggie wat my te binne skiet oor Racheltjie de
Beer wat haar broertjie gered het en mens aan die hart gryp was soos
volg:

Hoera vir Rachel, Rachel de Beer
Hoera vir Rachel sy sit my neer

Sy stop haar broertjie in n ertvark gat
Dit was so koud en dit was so nat

Haar broertjie se "ek is honger en dors"
Sy se "ag shut-up, dis n bleddie gemors"

Hoera vir Rachel, Rachel de Beer
Hoera vir Rachel, sy sit my neer.

Dan het Leipolt nog vele meer gediggies gedig wat te veel is vir mens om
vandag op mens se keybord met een vingertjie te sit en uit-tik maar
nogtans in die mond van die volk vir ewig sal bly en verheerlik word en
in die hart van die Afrikaner gedra en gekoester sal word. Leipolt het
nooit die helde onder die kindertjies van die Afrikaner vergeet nie en
ook bv gedig oor Dirkie Ys en andere terwyl hy "stoned" agter op die
kakebeenwa gele het. As mens maar dink aan die soet woorde van - Hoera
vir Dirkie, Dirkie Ys, Hoera vir Dirkie hyt hom ooreis. Vir die Zoeloes
was Dirkie nie bang, Hy skiet hulle met sy sanna, katang katang - DAN
KAN MENS NET SE, DANKIE VIR MENSE SOOS LEIPOLT.
Vorige onderwerp: Sekretarisvoël.
Volgende onderwerp: Uit "Joernaal van Jorik" deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 17 18:29:01 MGT 2024