Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sarsie
sarsie [boodskap #129631] Di, 04 Februarie 2020 07:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20589
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sarsie
Afbreking: sar•sie


Selfstandige naamwoord: sarsie
Meervoud: sarsies

Betekenis:
• Die gelyktydige afvuur van 'n aantal skote; 'n salvo van geweer- of kanonvuur.
• (figuurlik) Iets wat aan sulke skote herinner: 'n vinnige klomp dinge agtermekaar.

Gebruik:
• Die bende vuur 'n sarsie skote in die lug af.
• Die tennisspelers slaan 'n sarsie houe. Sy maak haarself reg om 'n sarsie vrae te beantwoord.

Vertaling:
Engels: salvo; rally, sally
Nederlands: salvo

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: salvo
Volgende onderwerp: oordraagbaarheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 12:30:27 MGT 2024