Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » notule
notule [boodskap #129626] Ma, 03 Februarie 2020 20:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20589
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
notule
Afbreking: no•tu•le


Selfstandige naamwoord: notule
Meervoud: notules
Verkleinwoord: notuletjie
Meervoud van verkleining: notuletjies

Betekenis:
• 'n Opsomming of verslag van die sake wat op 'n vergadering bespreek is; verslagdoening van 'n byeenkoms.

Gebruik:
• Die notule van die vergadering is gelees, goedgekeur en onderteken
• Aandoenlik is die notule van hierdie eerste vergadering van gespaardes, waar sovele in die oorlog gesneuwel het. [Ons gemeentelike feesalbum, 1952]

Afgelei:
• notuleboek
• notuleer
• notulehouer
• notulering

Verwant:
• agenda
• vergadering

Vertaling:
Engels: minutes
Nederlands: notulen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: monteur
Volgende onderwerp: pluksel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 12:20:38 MGT 2024