sterrebeeld [boodskap #129598] |
So, 02 Februarie 2020 15:52 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20589 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sterrebeeld
Afbreking: ster•re•beeld
Samestelling: sterre + beeld
Selfstandige naamwoord: sterrebeeld
Meervoud: sterrebeelde
Verkleinwoord: sterrebeeldjie
Meervoud van verkleining: sterrebeeldjies
Betekenis:
• 'n Groep sterre wat 'n patroon in die naghemel vorm, maar anders nie enige verband met mekaar het nie.
Gebruik:
• Die Jagter of Orion is 'n sterrebeeld op die hemelewenaar wat oral ter wêreld te sien is.
Sinoniem:
• konstellasie
Verwant:
• gesternte
• gewelf
• sterrehemel
• uitspansel
Vertaling:
Engels: constellation, astrological sign
Nederlands: sterrenbeeld
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|