Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » konstellasie
konstellasie [boodskap #129597] So, 02 Februarie 2020 15:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20589
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Klassieke weergawe van Orion.
'n Klassieke weergawe van Orion.
konstellasie
Afbreking: kon•stel•la•sie


Selfstandige naamwoord: konstellasie
Meervoud: konstellasies
Verkleinwoord: konstellasietjie
Meervoud van verkleining: konstellasietjies

Betekenis:
• 'n Groep sterre wat 'n patroon in die naghemel vorm, maar anders nie enige verband met mekaar het nie.

Gebruik:
• Die Jagter of Orion is 'n konstellasie op die hemelewenaar wat oral ter wêreld te sien is.

Sinoniem:
• sterrebeeld

Verwant:
• gesternte
• gewelf
• sterrehemel
• uitspansel

Vertaling:
Engels: constellation
Nederlands: constellatie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vakansiebestemming
Volgende onderwerp: sterrebeeld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 12:18:26 MGT 2024