drank [boodskap #129568] |
Sa, 01 Februarie 2020 08:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20589 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
drank
Afbreking: drank
Selfstandige naamwoord: drank
Meervoud: dranke
Verkleinwoord: drankie
Meervoud van verkleining: drankies
Betekenis:
• Enige vloeistof wat mens kan drink om die dors te les.
• Alkoholiese verversings soos whisky, brandewyn, wyn, ens.
Gebruik:
• Baie mense drink 'n warm drankie soos tee 'n uur of twee voordat hulle gaan slaap.
• Drank eis meer slagoffers as die see.
Afgelei:
• drankmisbruik
Vertaling:
Engels: drink, beverage; liquor
Nederlands: drank
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|