Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » boord
boord [boodskap #129558] Vr, 31 Januarie 2020 18:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20589
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
boord
Afbreking: boord


Selfstandige naamwoord: boord
Meervoud: boorde
Verkleinwoord: boordjie
Meervoud van verkleining: boordjies

Betekenis:
• 'n Klomp vrugtebome wat in rye geplant is.

Gebruik:
• Nadat 'n boord aangeplant is, duur dit tot vyf jaar om in produksie te kom.

Sinoniem:
• vrugteboord

Afgelei:
• appelboord
• kersieboord
• perskeboord

Vertaling:
Engels: orchard
Nederlands: boomgaard


Selfstandige naamwoord: boord
Meervoud: boorde
Verkleinwoord: boordjie
Meervoud van verkleining: boordjies

Betekenis:
• Die kant of rand (of dek) van 'n vaartuig soos 'n skip of vliegtuig.
• Die bokant van iets (soos 'n glas of die bo-rand van 'n hemp om die nek).

Gebruik:
• Hulle het aan boord gegaan.
• Hy maak sy boordjie se boonste knoop los.

Afgelei:
• bakboord
• boordensvol
• stuurboord

Vertaling:
Engels: border, edge, board
Nederlands: boord

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: boekery
Volgende onderwerp: sloer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 12:23:38 MGT 2024