kwistig [boodskap #129547] |
Do, 30 Januarie 2020 19:24 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20589 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kwistig
Afbreking: kwis•tig
Byvoeglike naamwoord: kwistig
Vergrotende trap: kwistiger
Oortreffende trap: kwistigste
Attributief: kwistige
Partitief: kwistigs
Betekenis:
• Nie spaarsamig en binne perke nie; oordadig of ligsinnig verbruik.
Gebruik:
• Mense in westerse lande gebruik water dikwels kwistig.
• Met oorgenoeg middele kan 'n mens kwistig te werk gaan.
Sinoniem:
• rojaal
• verkwistend
• vrygewig
Antoniem:
• spaarsamig
• suinig
Afgelei:
• kwistigheid
Vertaling:
Engels: lavish, profuse, prodigal
Nederlands: kwistig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|