Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wins
wins [boodskap #129540] Do, 30 Januarie 2020 10:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19333
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wins
Afbreking: wins
Uitspraak: /vəns/, /və̃ːs/


Selfstandige naamwoord: wins
Meervoud: winste
Verkleinwoord: winsie
Meervoud van verkleining: winsies

Betekenis:
• Wanneer die geld wat mens verdien meer is as die geld wat mens uitgee.
• Die verkoopsprys min inkoopprys plus onkoste.

Gebruik:
• Sy maak 'n paar sent wins deur pannekoek te verkoop.
• Hoeveel wins kan mens hiermee maak?

Sinoniem:
• profyt
• opbrengs
• voordeel

Antoniem:
• verlies

Afgelei:
• winsaandeel
• winsbejag
• winsbelasting
• winsdeling
• winsdrempel
• winsgedrewe
• winsgeleentheid
• winsgewend
• winsgrens
• winsgroei
• winskopie
• winsmakery
• winsmarge
• winsmotief
• winsneming
• winsoogmerk
• winspotensiaal
• winsresultaat
• winsuitkering

Vertaling:
Engels: profit, gain, margin, return
Nederlands: winst

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: woede
Volgende onderwerp: winkelier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 13:48:28 MGT 2024