woestyn [boodskap #129536] |
Do, 30 Januarie 2020 10:00 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20589 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
woestyn
Afbreking: woe•styn
Selfstandige naamwoord: woestyn
Meervoud: woestyne
Verkleinwoord: woestyntjie
Meervoud van verkleining: woestyntjies
Betekenis:
• 'n Stuk land wat baie droog is en waar daar gewoonlik baie sand is; dorre vlakte met min neerslag en weinig vegetasie.
Gebruik:
• Tropiese woestyne soos die Saharawoestyn en die Namibwoestyn maak ongeveer een vyfde van die wêreld se woestyngebiede uit.
Spreekwoord:
• Soos 'n stem wat roep in die woestyn. ['n Tevergeefse poging om iemand van iets te oortuig.]
Afgelei:
• woestynagtig
• woestynbewoner
• woestyndier
• woestyngebied
• woestyngloed
• woestynhitte
• woestynindringing
• woestynland
• woestynlandskap
• woestynpad
• woestynplant
• woestynsand
• woestynvlakte
• woestynwêreld
• woestynwind
Vertaling:
Engels: desert
Nederlands: woestijn
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|