Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uitsteek
uitsteek [boodskap #129534] Do, 30 Januarie 2020 07:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20589
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitsteek
Afbreking: uit•steek
Samestelling: uit + steek


Werkwoord: steek uit, uitsteek
Verlede tyd: het uitgesteek
Teenwoordige deelwoord: uitstekend, uitstekende
Verlede deelwoord: uitgesteekte

Betekenis:
• In grootte die res oortref.
• Met 'n skerp voorwerp stekend verwyder.
• Uitstrek, soos om 'n ledemaat te verleng.

Gebruik:
• Kyk doer by die boom wat daar uitsteek.
• Kan jy die sooi gras uitsteek? Pasop dat jy nie sy oog uitsteek nie.
• Voor jy draai, moet jy jou hand uitsteek.

Spreekwoord:
• As die klou uitsteek, is die leeu daaragter. [Gee ag op klein gevaartekens.]

Afgelei:
• uitsteeksel

Vertaling:
Engels: to stick out, stand out, protrude
Nederlands: uitsteken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vindingryk
Volgende onderwerp: hommelby
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 12:29:02 MGT 2024