Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wol
wol [boodskap #129519] Di, 28 Januarie 2020 15:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Wol
Wol
Skape word vir hul wol geskeer.
Skape word vir hul wol geskeer.
wol
Afbreking: wol


Selfstandige naamwoord: wol
Meervoud: wolle
Verkleinwoord: wolletjie
Meervoud van verkleining: wolletjies

Betekenis:
• Die sagte hare van diere soos skape en bokke wat gebruik word om materiaal te maak.

Gebruik:
Wol maak 'n groot deel uit van die inkomste vir skaapboere, aangesien alle skape wol dra, of die dier nou later geslag word of nie.

Spreekwoord:
• Veel geskreeu en weinig wol. ['n Ophef oor 'n kleinigheid maak.]
• Groot lawaai, weinig wol. [Gesê van iemand wat 'n groot ophef maak oor 'n nietigheid.]

Hiponiem:
• beenwol
• breiwol
• penswol
• pluiswol

Afgelei:
• wolafset
• wolagtig
• wolbedryf
• wolboer
• woldier
• woldraend
• wollerig
• wolmark
• wolsak
• wolskaap
• woltapyt
• woltrui
• wolwassery

Vertaling:
Engels: wool
Nederlands: wol

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wolk
Volgende onderwerp: tromstok
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 18:04:59 MGT 2024