weeg [boodskap #129475] |
So, 26 Januarie 2020 12:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20589 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
weeg
Afbreking: weeg
Werkwoord: weeg
Verlede tyd: het geweeg
Betekenis:
• Bepaal hoe swaar iets is; die gewig of massa vasstel.
Gebruik:
• Een goue reël wat ek geleer het is om kritiek te weeg.
Spreekwoord:
• Hy wik en weeg. [Beskou van alle kante.]
• Weeg jou woorde. [Wees versigtig met wat jy sê.]
• Wat die naaste lê, moet die swaarste weeg. ['n Mens moet eers vir jou eie mense sorg en dan vir ander.]
• Die laaste loodjies weeg die swaarste. [Die laaste deel van die werk, verg gewoonlik die grootste inspanning.]
Vertaling:
Engels: to weigh
Nederlands: wegen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|