verkoue [boodskap #129349] |
So, 19 Januarie 2020 18:49 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20589 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verkoue
Afbreking: ver•kou•e
Selfstandige naamwoord: verkoue
Meervoud: verkoues
Verkleinwoord: verkouetjie
Meervoud van verkleining: verkouetjies
Betekenis:
• (medies) 'n Infeksie van die boonste lugweg. Van die simptome is: hoes, keelseer, verstopte neus, 'n loopneus en koors.
Gebruik:
• Daar is geen medikasie teen verkoue nie, maar die simptome kan wel behandel word.
Afgelei:
• verkouesimptome
• verkouevirus
Vertaling:
Engels: cold
Nederlands: verkoudheid, koutje
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|