verkort [boodskap #129348] |
So, 19 Januarie 2020 18:42 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20589 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verkort
Afbreking: ver•kort
Werkwoord: verkort
Verlede tyd: het verkort
Betekenis:
• Korter maak; ineentrek.
Gebruik:
• Tamatiebredie word vir 'n lang tyd gekook, maar 'n drukkoker kan gebruik word om die tyd te verkort.
Antoniem:
• verleng
Verwant:
• verkortend
• verkorter
• verkorting
Vertaling:
Engels: to make shorter, shorten
Nederlands: verkorten
Byvoeglike naamwoord: verkort
Attributief: verkorte
Betekenis:
• Wat korter gemaak is.
Gebruik:
• 'n Afkorting is 'n verkorte skryfwyse vir 'n woord.
Vertaling:
Engels: shortened
Nederlands: verkorte
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|