verklaring [boodskap #129346] |
So, 19 Januarie 2020 18:24 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20589 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verklaring
Afbreking: ver•kla•ring
Selfstandige naamwoord: verklaring
Meervoud: verklarings
Verkleinwoord: verklarinkie
Meervoud van verkleining: verklarinkies
Betekenis:
• 'n Verduideliking of opheldering.
• 'n Formele bekendmaking.
Gebruik:
• Sy kon nie 'n verklaring bied vir wat daai dag met haar gebeur het nie.
• Die Universele Verklaring van Menseregte is 'n verklaring wat in op 10 Desember 1948 deur die Verenigde Nasies aangeneem is.
Afgelei:
• liefdesverklaring
• mediaverklaring
• persverklaring
• saligverklaring
• teksverklaring
• verbeurdverklaring
• vryverklaring
• woordverklaring
Vertaling:
Engels: explanation; statement, declaration
Nederlands: verklaring
Nota:
• 'n Eed is 'n plegtige verklaring.
• 'n Affidavit is 'n beëdigde verklaring.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|