Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verkeer
verkeer [boodskap #129343] So, 19 Januarie 2020 13:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20589
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verkeer
Afbreking: ver•keer
Uitspraak: /fərˈkɪər/


Selfstandige naamwoord: verkeer
Meervoud:

Betekenis:
• Die beweging van voertuie op paaie, deur die lug en oor die see.
• Omgang.

Gebruik:
• Die verkeer op die N1 staan botstil.

Hiponiem:
• lugverkeer
• padverkeer
• voetverkeer

Afgelei:
• verkeersdepartement
• verkeerslig
• verkeersopeenhoping
• verkeersreël
• verkeerstoring
• verkeersweg

Vertaling:
Engels: traffic; intercourse
Nederlands: verkeer


Werkwoord: verkeer
Verlede tyd: het verkeer

Betekenis:
• In 'n sekere toestand wees; in 'n situasie vasgevang.
• Omgang hê.

Gebruik:
• Sy verkeer in groot gevaar.

Spreekwoord:
• Waar jy mee verkeer, word jy mee geëer. [Jy word beoordeel na jou vriende.]

Vertaling:
Engels: to be; to have intercourse
Nederlands: verkeren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aanbod
Volgende onderwerp: verken
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 14:31:56 MGT 2024