vergelyking [boodskap #129335] |
So, 19 Januarie 2020 09:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20589 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vergelyking
Afbreking: ver•ge•ly•king
Selfstandige naamwoord: vergelyking
Meervoud: vergelykings, vergelykinge
Verkleinwoord: vergelykinkie
Meervoud van verkleining: vergelykinkies
Betekenis:
• Die handeling wanneer mens goed met mekaar vergelyk.
• (wiskunde) 'n Uitdrukking wat twee grootheid aan melkaar gelyk stel.
Gebruik:
• "Haar trourok was so wit soos sneeu" is 'n vergelyking waar 'n trourok met sneeu vergelyk word.
• Einstein se vergelyking E=mc2 is wêreldberoemd.
Afgelei:
• differensiaalvergelyking
• kleurvergelyking
• polinoomvergelyking
Vertaling:
Engels: comparison; equation
Nederlands: vergelijking
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|