verandering [boodskap #129328] |
Sa, 18 Januarie 2020 16:35 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20589 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verandering
Afbreking: ver•an•de•ring
Selfstandige naamwoord: verandering
Meervoud: veranderinge, veranderings
Verkleinwoord: veranderinkie
Meervoud van verkleining: veranderinkies
Betekenis:
• Die handeling of die proses wanneer iets verander (anders word).
Gebruik:
• Mense hou oor die algemeen nie van verandering nie.
• 'n Rewolusie is 'n skielike en radikale omslag of verandering.
Spreekwoord:
• 'n Verandering van spys laat eet. [Verandering van 'n gewoonte wek nuwe belangstelling.]
Sinoniem:
• wysiging
Vertaling:
Engels: change, alteration
Nederlands: verandering
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|