veg [boodskap #129325] |
Sa, 18 Januarie 2020 16:00 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20589 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
veg
Afbreking: veg
Werkwoord: veg
Verlede tyd: het geveg
Betekenis:
• Om oorlog maak, of met iemand baklei; stry, worstel of wedywer om die oorhand te kry.
Gebruik:
• Pres. Kruger het gesê: "'n Man sal nie 'n leeu aanval met 'n mes in sy hand nie, maar net 'n lafaard sal nie met alle mag veg as die leeu hom aanval nie."
Spreekwoord:
• Hy veg met windmeulens. [Denkbeeldige gevare bestry; iets tevergeefs probeer verander.]
Afgelei:
• aanveg
• beveg
• vegkuns
• veglustig
• vegter
Vertaling:
Engels: to fight
Nederlands: vechten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|