Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » treurig
treurig [boodskap #129263] Wo, 15 Januarie 2020 20:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20589
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
treurig
Afbreking: treu•rig


Byvoeglike naamwoord: treurig
Vergrotende trap: treuriger
Oortreffende trap: treurigste
Attributief: treurige
Partitief: treuriges

Betekenis:
• Hartseer voel; bedroef of verdrietig wees.
• Baie swak; ellendig.

Gebruik:
• Sy was baie treurig ná die dood van haar goudvissie. Hy neurie 'n treurige deuntjie.
• My skoolrapport lyk maar treurig. Die plek se diens is uiters treurig.

Sinoniem:
• droewig
• swaarmoedig
• verdrietig
• weemoedig

Afgelei:
• treurigheid

Vertaling:
Engels: sad, mournful, sorrowfully; poor, dismal
Nederlands: treurig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sorgeloos
Volgende onderwerp: amptenaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 14:27:32 MGT 2024