sorgeloos [boodskap #129262] |
Wo, 15 Januarie 2020 18:24 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20589 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sorgeloos
Afbreking: sor•ge•loos
Byvoeglike naamwoord: sorgeloos
Vergrotende trap: sorgeloser
Oortreffende trap: sorgeloosste
Attributief: sorgelose
Betekenis:
• Sonder enige sorge of bekommernisse.
Gebruik:
• Hoekom kan ons kinders nie meer sorgeloos in die pad speel nie?
Wisselvorm:
• sorgloos
Sinoniem:
• gemaksugtig
• luilekker
• onbekommerd
• onbesorg
• traak-my-nie-agtig
Verwant:
• sorgeloosheid
Vertaling:
Engels: carefree, easy‐going, happy‐go‐lucky
Nederlands: zorgeloos
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|