toneel [boodskap #129254] |
Di, 14 Januarie 2020 19:32 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20589 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
toneel
Afbreking: to•neel
Selfstandige naamwoord: toneel
Meervoud: tonele
Verkleinwoord: toneeltjie
Meervoud van verkleining: toneeltjies
Betekenis:
• Die opvoering van dramastukke; kunsvorm wat die publiek met 'n skouspel vermaak.
• Iets soos dit waargeneem word; 'n skouspel wat ontvou asof dit deel van 'n toneelspel is.
• Die plek waar iets gebeur (soos waar 'n misdaad gepleeg is).
Gebruik:
• Kritici het die opvoering as 'n "skitterende en betowerende toneel" beskryf.
• Toe verskyn die dominee se seun op die toneel, en beide raak op dieselfde meisie verlief.
• Die polisie was binne munte op die toneel. Die dief se vingerafdrukke is op die toneel gevind.
Afgelei:
• toneelaanwysing
• toneelstuk
• toneelskrywer
• toneelspel
• toneelspeler
Vertaling:
Engels: stage, drama, theatre, scene
Nederlands: toneel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|