Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » toets
toets [boodskap #129253] Di, 14 Januarie 2020 18:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20589
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
toets
Afbreking: toets


Selfstandige naamwoord: toets
Meervoud: toetse
Verkleinwoord: toetsie
Meervoud van verkleining: toetsies

Betekenis:
• Iets wat 'n mens skryf om te kyk hoeveel jy van 'n onderwerp af weet; klein eksamentjie.
• Die knoppe van 'n klavier (of toetsbord) wat gedruk word; klawer.
• 'n Groot sportwedstryd tussen twee lande.

Gebruik:
• Die eksaminator merk die toets.
• Een van die klavier se toetse steek vas.
• Ek het kaartjies gekoop vir die toets tussen Suid-Afrika en Frankryk.

Hiponiem:
• begripstoets
• dwelmtoets
• strestoets

Afgelei:
• toetsbord
• toetslopie
• toetsrit
• toetser

Vertaling:
Engels: test; key
Nederlands: toets


Werkwoord: toets
Verlede tyd: het getoets

Betekenis:
• Kyk hoeveel iemand van iets af weet; 'n persoon se vaardighede meet.
• Seker maak dat iets reg is; beproef.

Gebruik:
• Die juffrou toets die kinders se kennis.
• Sy toets of die badwater warm genoeg is.

Vertaling:
Engels: to test, try
Nederlands: toetsen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: toespraak
Volgende onderwerp: toneel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 14:28:14 MGT 2024