Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » swaai
swaai [boodskap #129198] So, 12 Januarie 2020 09:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20589
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Dogtertjie op 'n swaai.
'n Dogtertjie op 'n swaai.
swaai
Afbreking: swaai


Selfstandige naamwoord: swaai
Meervoud: swaaie
Verkleinwoord: swaaitjie
Meervoud van verkleining: swaaitjies

Betekenis:
• 'n Sitplek wat hang en waarop 'n mens heen en weer beweeg of gestoot word.
• Die beweging as iets heen en weer beweeg.

Gebruik:
• Sy hou daarvan om op die swaai te ry.
• Met 'n swaai van die hand wys hy dat ons moet loop.

Afgelei:
• swaaiarm
• swaaibal
• swaaibrug
• swaaideur
• swaaihaak
• swaaihou
• swaaislag
• swaaiverhoog

Vertaling:
Engels: swing, turn
Nederlands: zwaai


Werkwoord: swaai
Verlede tyd: het geswaai

Betekenis:
• Heen en weer beweeg.
• Skielik in 'n rigting beweeg.

Gebruik:
• Die drenkeling swaai sy arms vir die reddingsboot. Die bokser swaai sy vuiste in die lug.
• Die kar swaai onverwags voor die fiets in.

Spreekwoord:
• Hy swaai die staf. [Hy heers.]
• Hy swaai die septer. [Hy is baas.]
• Bek lek en stert swaai. [Kruiperige, vleiende houding.]

Afgelei:
• omswaai
• swaaier
• swaaiing

Vertaling:
Engels: to swing, wave, fling
Nederlands: zwaaien

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sussie
Volgende onderwerp: swaard
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 14:32:56 MGT 2024