Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stryk
stryk [boodskap #129190] Sa, 11 Januarie 2020 19:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20589
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Vrou wat klere stryk.
'n Vrou wat klere stryk.
stryk
Afbreking: stryk


Werkwoord: stryk
Verlede tyd: het gestryk

Betekenis:
• Glad maak deur die hand of voorwerp (soos 'n strykyster) daaroor te vee.
• Iets (soos 'n vlag of seil) laat sak; neerhaal.

Gebruik:
• Sy was en stryk klere.
• Jy moet die vlag stryk, nie hys nie!

Spreekwoord:
• Die seil vir iemand stryk. [Iemand as jou meerdere sien.]
• Hulle kan nie met mekaar stryk nie. [Hulle kan nie met mekaar klaarkom nie.]
• Hy praat een stryk deur. [Sonder ophou.]
• Hy stryk die vlag. [Vir iemand ingee.]
• Jy bring my van stryk af. [Jy ontstel my sodat ek nie my beste kan lewer nie.]
• Ons kom nou eers op stryk. [Aan die gang kom; weer aan die herstel wees.]

Afgelei:
• strykgoed
• strykplank
• strykyster

Vertaling:
Engels: to iron; to strike, lower
Nederlands: strijken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: stry
Volgende onderwerp: student
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 14:36:43 MGT 2024