storm [boodskap #129176] |
Sa, 11 Januarie 2020 13:00 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20589 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
storm
Afbreking: storm
Uitspraak: /stɔrm/
Selfstandige naamwoord: storm
Meervoud: storms
Verkleinwoord: stormpie
Meervoud van verkleining: stormpies
Betekenis:
• Slegte weer wat met harde wind, donderweer en reën gepaardgaan.
Gebruik:
• Baie bome is tydens die storm omgewaai.
Spreekwoord:
• Die stilte voor die storm. [Kalmte voor met krag opgetree word.]
• Dis 'n storm in 'n glas water. ['n Groot lawaai oor 'n nietigheid.]
• Wie wind saai, sal storm oes. [Wie kwaad stig, kry dit dikwels dubbel terug.]
Antoniem:
• mooiweer
Hiponiem:
• donderstorm
• haelstorm
• seestorm
Afgelei:
• stormagtig
• stormweer
Vertaling:
Engels: storm, gale, tempest
Nederlands: storm
Werkwoord: storm
Verlede tyd: het gestorm
Betekenis:
• Sterk waai of vinnig beweeg.
Gebruik:
• Die klok lui en die kinders storm na buite.
Afgelei:
• stormend
Vertaling:
Engels: to storm
Nederlands: stormen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|