Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stomp
stomp [boodskap #129172] Sa, 11 Januarie 2020 11:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20589
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
stomp
Afbreking: stomp


Selfstandige naamwoord: stomp
Meervoud: stompe
Verkleinwoord: stompie
Meervoud van verkleining: stompies

Betekenis:
• 'n Dik, ronde stuk hout.

Gebruik:
• Sy sit op 'n stomp langs die vuur.
• Hy gooi nog 'n stomp op die vuur.

Spreekwoord:
• Romp en stomp verkoop. [Alles verkoop.]

Vertaling:
Engels: log, stump
Nederlands: stomp


Byvoeglike naamwoord: stomp
Vergrotende trap: stomper
Oortreffende trap: stompste
Attributief: stomp
Partitief: stomps

Betekenis:
• Wat nie skerp is nie of sy skerpheid verloor het.

Gebruik:
• Die mes is baie stomp.

Antoniem:
• skerp

Vertaling:
Engels: blunt, dull
Nederlands: stomp

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: stokoud
Volgende onderwerp: stoof
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 14:30:18 MGT 2024