stof [boodskap #129169] |
Sa, 11 Januarie 2020 10:24 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20589 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
stof
Afbreking: stof
Uitspraak: /stɔf/
Selfstandige naamwoord: stof
Meervoud: stowwe
Verkleinwoord: stoffie
Meervoud van verkleining: stoffies
Betekenis:
• Die fyn deeltjies van iets soos sand, dooie vel, ens.
• Dit waaruit iets bestaan. Die vorm van fisiese materie.
• Inligting wat benodig word.
Gebruik:
• Die stof waai in sy oë.
• Yster is 'n harde stof. Allerhande stowwe word gebruik om staal te maak.
• Sy gaan na die biblioteek toe om nog stof vir haar skooltaak te versamel.
Spreekwoord:
• Hy kruip in die stof. [Verneder word.]
• Hy byt in die stof. [Verloor, sneuwel.]
• Iemand onder stof loop. [Hom onderstebo loop; baasraak.]
• Die stof van jou voete skud. [Wys dat 'n mens die plek verag.]
• Nie weer sy stof laat sien nie. [Nie weer sy verskyning maak nie.]
• Jy kom nie by 'n ander se stof nie. [Deur 'n ander ver oortref word.]
• 'n Mens sal nie weer iemand se stof sien nie. [Iemand sal nie weer sy verskyning maak nie.]
Hiponiem:
• gifstof
• stofgoud
Afgelei:
• stoflap
• stofomslag
• stofsuier
• stofwolk
Vertaling:
Engels: dust, powder; material, compound, matter; material
Nederlands: stof
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|