stil [boodskap #129166] |
Sa, 11 Januarie 2020 09:22 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20589 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
stil
Afbreking: stil
Byvoeglike naamwoord: stil
Vergrotende trap: stiller
Oortreffende trap: stilste
Attributief: stil, stille
Partitief: stils
Intensief: botstil, doodstil, grafstil, muisstil, tjoepstil
Betekenis:
• Wat nie beweeg of raas nie.
• Waar daar min aangaan op 'n plek en dit nie besig is nie.
Gebruik:
• Bly liewer stil en bewaar die vrede.
• Die winkels was stil gewees.
Spreekwoord:
• Sy kompas staan stil. [Iemand weet nie wat om te doen nie.]
• Wie 'n ander jaag, staan self nie stil nie. [As iemand 'n fout by ander soek, is hy dikwels self nie daarvan vry nie.]
Vergelyking:
• So stil soos 'n muis.
Sinoniem:
• bewegingloos
• geluidloos
• kalm
• roerloos
• swyend
• swygsaam
• woordeloos
Antoniem:
• besig
• luid
• lawaaierig
Afgelei:
• stil-stil
• stilheid
• stilprent
• stiltyd
Vertaling:
Engels: silent, quiet, still, calm
Nederlands: stil
Werkwoord: stil
Verlede tyd: het gestil
Betekenis:
• Rustig maak of laat ophou; 'n drang bevredig.
Gebruik:
• Hy stil sy honger met 'n sny brood.
Afgelei:
• stilbly
• stilhou
• stilmaak
• stilstaan
Vertaling:
Engels: to be stilled, appeased
Nederlands: stillen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|