Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stasie
stasie [boodskap #129158] Vr, 10 Januarie 2020 20:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20589
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
stasie
Afbreking: sta•sie
Uitspraak: /ˈstɑːsi/


Selfstandige naamwoord: stasie
Meervoud: stasies
Verkleinwoord: stasietjie
Meervoud van verkleining: stasietjies

Betekenis:
• Die plek waar treine aankom en vertrek; spoorwegstasie.
• Sender wat radio- of televisieprogramme uitsaai; TV- of radiostasie.
• Inrigting of kantoor waar 'n diens gelewer word, soos 'n polisie of brandweerstasie.

Gebruik:
• Hulle wag by die stasie vir die volgende trein.
• Watter stasie speel die beste Afrikaanse musiek?
• Hy bel die brandweerstasie.

Afgelei:
• brandweerstasie
• diensstasie
• kragstasie
• navorsingstasie
• petrolstasie
• polisiestasie
• radiostasie
• sendingstasie
• televisiestasie
• treinstasie
• verversingstasie
• vulstasie
• weerstasie

Vertaling:
Engels: station
Nederlands: station

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: standerd
Volgende onderwerp: stasiemeester
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 14:37:24 MGT 2024