Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » spyt
spyt [boodskap #129152] Vr, 10 Januarie 2020 17:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20589
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
spyt
Afbreking: spyt


Selfstandige naamwoord: spyt
Meervoud:

Betekenis:
• Die gevoel wanneer mens hartseer of jammer is oor iets. Die besef dat jy iets verkeerds gedoen of nie gedoen het nie.

Gebruik:
• Tot my spyt het ek heeltemal te veel geëet.

Spreekwoord:
• Meer spyt as hare op jou kop hê. [Bitter spyt wees.]
• Sy kan haar hare uittrek van spyt. [Bitter, baie spyt wees.]
Spyt is 'n goeie ding, maar dit kom altyd te laat. ['n Mens het slegs berou nadat 'n saak reeds verbrou is.]

Sinoniem:
• berou
• leedwese

Vertaling:
Engels: regret, sorrow, grief, pity
Nederlands: spijt


Byvoeglike naamwoord: spyt

Betekenis:
• Hartseer of jammer oor iets wees.

Gebruik:
• Ek is spyt dat ek so kortaf was met hom.

Vertaling:
Engels: be sorry, regret
Nederlands: spijt

Nota:
• Moenie "spyt" met "spuit" verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: spyskaart
Volgende onderwerp: stalletjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 14:29:17 MGT 2024