sedeleer [boodskap #129142] |
Vr, 10 Januarie 2020 12:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20589 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sedeleer
Afbreking: se•de•leer
Samestelling: sede + leer
Selfstandige naamwoord: sedeleer
Meervoud: –
Betekenis:
• Wetenskap van die sedelike norme en wette. Die leer van goed en kwaad, asook die kollektiewe pligte van morele (sedelike) wesens.
Gebruik:
• Probeer u as gelowige nog die Christelike sedeleer handhaaf?
Sinoniem:
• etika
• etiek
• gedragskunde
• moraalfilosofie
• sedekunde
• waardeleer
Vertaling:
Engels: ethics, morality, deontology
Nederlands: zedenleer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|