speler [boodskap #129131] |
Do, 09 Januarie 2020 18:57 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20589 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
speler
Afbreking: speler
Selfstandige naamwoord: speler
Meervoud: spelers
Verkleinwoord: spelertjie
Meervoud van verkleining: spelertjies
Betekenis:
• Iemand wat aan 'n spel of sport deelneem.
• Iemand wat toneel speel; toneelspeler.
• Iemand wat 'n musiekinstrument speel; musikant.
• 'n Apparaat wat iets kan speel (platespeler, CD-speler, ens.)
Gebruik:
• Ons kort 'n ekstra speler vir die volgende krieketwedstryd.
• Die speler wat hierdie rol moet vertolk is af siek.
• Die orkes het vyf spelers.
• My MP3-speler is stukkend.
Afgelei:
• kitaarspeler
• reserwespeler
• rugbyspeler
• sokkerspeler
• spanspeler
• tennisspeler
• tromspeler
Vertaling:
Engels: player, gambler, musician, actor, performer
Nederlands: speler
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|