Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » spaar
spaar [boodskap #129127] Do, 09 Januarie 2020 14:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20589
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
spaar
Afbreking: spaar


Werkwoord: spaar
Verlede tyd: het gespaar

Betekenis:
• Iets bêre sodat 'n mens dit later kan gebruik.
• Ontsien.

Gebruik:
• Hy spaar vir 'n nuwe motor.
• Dit was 'n groot ramp; niemand is gespaar nie.

Spreekwoord:
• 'n Steek op tyd spaar nege uit. [Wat vroegtydig gedoen word, voorkom baie moeite later.]
Spaar vir die mond is goed vir die kat en die hond. [Wat jy jouself nie gun nie, ly jy dikwels skade.]
• Wie die roede spaar, bederf die kind. [As 'n mens 'n kind behoorlik wil grootmaak, moet hy geslaan word wanneer hy dit verdien.]

Antoniem:
• bestee
• verkwis

Afgelei:
• bespaar
• spaarbus
• spaarkamer
• spaarsaam
• spaarsleutel
• spaarvarkie
• spaarwiel
• spaarwinkel

Vertaling:
Engels: to save, put aside
Nederlands: sparen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sowaar
Volgende onderwerp: spanning
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 14:40:26 MGT 2024