Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sonde
sonde [boodskap #129123] Do, 09 Januarie 2020 11:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20589
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sonde
Afbreking: son•de
Uitspraak: /ˈsondə/


Selfstandige naamwoord: sonde
Meervoud: sondes
Verkleinwoord: sondetjie
Meervoud van verkleining: sondetjies

Betekenis:
• Iets wat verkeerd is volgens dit wat 'n mens glo; 'n oortreding van godsdienstige of morele wette.
• 'n Ergernis, moeilikheid, kwaad of ongeregtigheid.

Gebruik:
• Dit is 'n sonde om te steel.
• Ons het sonde met die bure.

Afgelei:
• pekelsonde
• sondaar

Vertaling:
Engels: a sin, sinful
Nederlands: zonde
Venda: tshivhi
Xhosa: isono
Zoeloe: ukona, isono

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: soldaat
Volgende onderwerp: soontoe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 14:24:20 MGT 2024