soeklees [boodskap #129117] |
Wo, 08 Januarie 2020 19:06 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20589 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
soeklees
Afbreking: soek•lees
Samestelling: soek + lees
Werkwoord: soeklees
Verlede tyd: het gesoeklees
Betekenis:
• Die oë vinnig oor geskrewe teks beweeg om na spesifieke inligting te soek.
Gebruik:
• Soeklees stel mens in staat om feite, datums, name of woorde op te spoor sonder om die teks te probeer lees of die res van die teks te verstaan.
Verwant:
• blaailees
• vluglees
Vertaling:
Engels: to scan
Nederlands: snellezen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|