Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vermy
vermy [boodskap #129100] Di, 07 Januarie 2020 07:32
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20589
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vermy
Afbreking: ver•my


Werkwoord: vermy
Verlede tyd: het vermy

Betekenis:
• Van iets of iemand af wegbly; probeer ontwyk.
• Keer dat iets gebeur.
• Jou van iets onthou.

Gebruik:
• Mens moet die donker strate snags vermy.
• Gaan gematig te werk en vermy alle uiterstes.
• Sy vermy vetterige kos.

Afgelei:
• vermybaar
• vermydelik
• vermyding

Homofoon:
• vermei (jou vermaak)

Vertaling:
Engels: to avoid, evade, shun, steer clear of
Nederlands: vermijden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wyd
Volgende onderwerp: vermei
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 16:23:25 MGT 2024