Leksikograaf Boodskappe: 20589 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skyn
Afbreking: skyn
Werkwoord: skyn
Verlede tyd: het geskyn
Betekenis:
• Lig afgee, soos die son of 'n lantern.
• As iets voordoen, dikwels op bedrieglike wys.
Gebruik:
• Die straatlig skyn by my venster in.
• Dit skyn lonend te wees.
Spreekwoord:
• Skyn nóg skaduwee van bewys. [Hoegenaamd niks bewys nie.]
• Iemand is nie werd dat die son op hom skyn nie. [Iemand is baie sleg.]
• Hy kan nie sien dat die son in 'n ander se water skyn nie. [Hy is afgunstig.]
• Jy moet die skyn bewaar. [Die indruk wek dat iets werklik is soos voorgegee word.]
Hiponiem:
• maanskyn
• sonskyn
Afgelei:
• skynbaar
• skynheilig
Vertaling:
Engels: to shine, glow, glimmer; to look, appear
Nederlands: schijnen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.