bloedskande [boodskap #129090] |
Ma, 06 Januarie 2020 07:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20589 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bloedskande
Afbreking: bloed•skan•de
Samestelling: bloed + skande
Selfstandige naamwoord: bloedskande
Meervoud: –
Betekenis:
• Seksuele verkeer tussen bloedverwante familielede.
Gebruik:
• In die Bybel word bloedskande vir die eerste keer in Levitikus 18:6 vermeld: "Niemand van julle mag met 'n naby bloedverwant geslagsgemeenskap hê nie."
Afgelei:
• bloedskandelik
Vertaling:
Engels: incest
Nederlands: bloedschande
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|