Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skuins
skuins [boodskap #129087] Ma, 06 Januarie 2020 06:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20589
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skuins
Afbreking: skuins


Byvoeglike naamwoord: skuins
Vergrotende trap: skuinser
Oortreffende trap: skuinsste
Attributief: skuins

Betekenis:
• Wat nie regop of plat is nie maar na die kant toe leun; van die loodregte of ewewydige rigting afwyk.

Gebruik:
• Jy het die paal skuins geplant.
• Hy loop skuins oor die straat.

Spreekwoord:
• Iemand skuins aankyk. [Iemand agterdogtig aankyk.]

Sinoniem:
• skeef
• hellend
• sydelings
• oorhoeks
• diagonaal

Antoniem:
• regop

Afgelei:
• skuinsheid

Vertaling:
Engels: sloping, slanting
Nederlands: schuins

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skuif
Volgende onderwerp: waagmoedig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 16:21:22 MGT 2024