Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skuif
skuif [boodskap #129086] Ma, 06 Januarie 2020 06:43
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20589
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skuif
Afbreking: skuif


Werkwoord: skuif
Verlede tyd: het geskuif

Betekenis:
• Na 'n ander plek beweeg.
• Een van die stukke van 'n bordspel beweeg.

Gebruik:
• Hy skuif sy stoel onder die tafel in.
• Sy skuif haar pion vorentoe.

Spreekwoord:
• Op die lange baan skuif. [Vir 'n onbepaalde tyd uitstel.]
• Iemand iets in die skoene skuif. [Iemand ten onregte van iets beskuldig.]

Vertaling:
Engels: to move, slide
Nederlands: schuiven


Selfstandige naamwoord: skuif
Meervoud: skuiwe
Verkleinwoord: skuifie
Meervoud van verkleining: skuifies

Betekenis:
• Iets van posisie of plek laat verander.

Gebruik:
• Jy moet mooi dink voordat jy jou volgende skuif maak.

Afgelei:
• skuifspeld

Vertaling:
Engels: move
Nederlands: zet

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skut
Volgende onderwerp: skuins
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 16:35:31 MGT 2024