Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skut
skut [boodskap #129085] Ma, 06 Januarie 2020 06:24
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20589
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skut
Afbreking: skut


Selfstandige naamwoord: skut
Meervoud: skuts

Betekenis:
• Iemand wat goed kan korrel en skiet.

Gebruik:
• Elke skut skiet met sy eie geweer.

Sinoniem:
• skutter

Hiponiem:
• grootwildskut
• sluipskut
• uithalerskut

Homofoon:
• skud (heftig heen en weer of op en af ruk)

Vertaling:
Engels: shooter, marksman
Nederlands: schutter


Selfstandige naamwoord: skut
Meervoud: skutte

Betekenis:
• Die plek waar vee en rondloperdiere aangehou word.
• Beskutting; iets wat beskerming bied.

Gebruik:
• Die skape word in die skut ingejaag.
• Die seuns wil buite slaap en bou vir hulle 'n skut van takke en blare.

Hiponiem:
• hondeskut
• beenskut
• knieskut
• mondskut
• oogskut

Afgelei:
• skutblaar
• skutkraal

Vertaling:
Engels: pound; protection, screen, fence
Nederlands: schut


Werkwoord: skut
Verlede tyd: het geskut

Betekenis:
• Om te beskut; beskerm, afweer.
• Om in bewaring ('n skut) te plaas.

Gebruik:
• Die boer skut die plate teen die ryp.
• Die taxi is as gevolg van uitstaande boetes geskut.

Vertaling:
Engels: to protect; to impound
Nederlands: schutten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skud
Volgende onderwerp: skuif
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 16:23:38 MGT 2024