Werkwoord: skree, skreeu
Verlede tyd: het geskree, het geskreeu
Betekenis:
• Hardop praat, roep of gil. Lug luid deur die stembande forseer.
• 'n Baba wat hardop huil.
• (dieregeluid) Die geluid wat jakkalse, kiewiete of sonbesies maak.
Gebruik:
• Hy skree soos 'n meisie toe die klip op sy toon val.
• Die babatjie skree verskriklik.
• 'n Jakkals skree in die nag.
Spreekwoord:
• Moord en brand skree. [Baie lawaai maak oor iets.]
• Moenie hoera skree voor jy oor die brug is nie. [Moenie aanvaar die saak het goed afgeloop voordat jy van die uitslag seker is nie.]
Vergelyking:
• Skree soos 'n maer vark.
Vertaling:
Engels: to shout, cry, scream
Nederlands: schreeuwen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.