Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skoot
skoot [boodskap #129066] Sa, 04 Januarie 2020 19:48
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20589
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Babatjie op sy moeder se skoot.
'n Babatjie op sy moeder se skoot.
skoot
Afbreking: skoot
Uitspraak: /skʊət/


Selfstandige naamwoord: skoot
Meervoud: skote
Verkleinwoord: skootjie
Meervoud van verkleining: skootjies

Betekenis:
• Die vuur (afskiet) of knal van 'n geweer of rewolwer.
• Die plat deel van 'n sittende persoon se bobene; bokant van die dye as iemand sit.

Gebruik:
• Hy het die bok met een skoot doodgeskiet.
• Sy sus die kind op haar skoot aan die slaap.

Spreekwoord:
• Goed onder skoot wees. [In die spervuur.]
Skote Pretoors! [Uitroep van verwondering/ waardering.]
• Jou kop in die skoot lê. [Jou onderwerp aan iets.]
• Sy rus in die skoot van die aarde. [Sy is begrawe.]
• Dit het in my skoot geval. [Sonder inspanning verkry.]
• Hy is nie 'n skoot kruit werd nie. [Hy is baie min werd.]
• Hy is so bang soos 'n bok vir 'n skoot hael. [Baie bang wees.]
• Hy het die skoot hoog deur. [Hy is smoorverlief; baie dronk; baie ingenome met iets.]
• Iemand iets in die skoot werf. [Sommer gee sonder dat hy enige moeite daarvoor hoef te doen.]

Hiponiem:
• geweerskoot

Afgelei:
• skootafstand
• skoothondjie
• skootkindjie
• skootrekenaar
• skootvas

Vertaling:
Engels: shot; lap
Nederlands: schot; schoot

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skoonpa
Volgende onderwerp: miskol
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 16:31:23 MGT 2024