Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skil
skil [boodskap #129060] Sa, 04 Januarie 2020 18:06
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20589
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die skil van 'n lemoen.
Die skil van 'n lemoen.
skil
Afbreking: skil


Selfstandige naamwoord: skil
Meervoud: skille
Verkleinwoord: skilletjie
Meervoud van verkleining: skilletjies

Betekenis:
• Die buitenste deel van 'n vrug of groente.

Gebruik:
• Mens eet nie 'n piesang se skil nie.

Afgelei:
• appelskil
• lemoenskil
• piesangskil

Vertaling:
Engels: peel, rind, skin, scale
Nederlands: schil


Werkwoord: skil
Verlede tyd: het geskil

Betekenis:
• Die buitenste laag verwyder.

Gebruik:
• Sy skil 'n appel.

Spreekwoord:
• 'n Appeltjie met iemand skil. [n Netelige saak met iemand afhandel.]
• Moenie die aartappels twee maal skil nie. ['n Ding net een maal doen of sê.]

Vertaling:
Engels: to peel
Nederlands: schillen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: foon
Volgende onderwerp: skildery
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 16:32:12 MGT 2024