Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sellulose
sellulose [boodskap #129055] Sa, 04 Januarie 2020 10:32
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20589
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sellulose
Afbreking: sel•lu•lo•se


Selfstandige naamwoord: sellulose
Meervoud:

Betekenis:
• Die hoofbestanddeel van plante se selwande wat aan die plant sy fermheid gee. Dit is 'n organiese verbinding en die mees voorkomende natuurlike polimeer (biopolimeer) is op aarde. Tegnies gesproke 'n polisakkaried (veelvuldige suiker) van honderde tot duisende glukose-elemente wat aan mekaar gekoppel is om 'n veselagtige polimeerketting te vorm.

Gebruik:
Sellulose is 'n belangrike grondstof by die produksie van papier en karton.
• Een van die suiwerste bronne van sellulose is katoen, wat se vesel amper 90% sellulose bevat.

Sinoniem:
• selstof
• selwanfstof
• plantselwandstof

Vertaling:
Engels: cellulose
Nederlands: cellulose

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skelm
Volgende onderwerp: skêr
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 16:30:35 MGT 2024