skelm [boodskap #129054] |
Sa, 04 Januarie 2020 10:07 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20589 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skelm
Afbreking: skelm
Selfstandige naamwoord: skelm
Meervoud: skelms
Verkleinwoord: skelmpie
Meervoud van verkleining: skelmpies
Betekenis:
• 'n Persoon wat oneerlik is en agteraf lelike goed doen; bedrieër; skurk; boosdoener; dief.
Gebruik:
• Die skelm het my handsak gesteel.
Spreekwoord:
• 'n Deurtrapte skelm. ['n Groot deugniet, ’n geslepe boosdoener.]
• Die skelm op heter daad betrap. [Op die skelm afkom terwyl die misdaad gepleeg word.]
Sinoniem:
• boef
• dief
• skurk
Vertaling:
Engels: crook, rogue, scoundrel, rascal, thief
Nederlands: schelm, oplichter
Byvoeglike naamwoord: skelm
Vergrotende trap: skelmer
Oortreffende trap: skelmste
Attributief: skelm
Partitief: skelms
Intensief: jakkalsskelm
Betekenis:
• Wat oneerlik is; skelmagtig.
• Sonder dat ander daarvan weet.
Gebruik:
• Die skelm winkelier het my met R5 ingedoen.
• Hy het skelm-skelm vir sy vrou 'n kersgeskenk gaan koop.
Vergelyking:
• So skelm soos 'n jakkals.
Antoniem:
• eerlik
Vertaling:
Engels: dishonest, on the sly
Nederlands: schelmachtig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|