skaars [boodskap #129046] |
Sa, 04 Januarie 2020 08:35 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20589 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skaars
Afbreking: skaars
Uitspraak: /skɑːrs/
Byvoeglike naamwoord: skaars
Vergrotende trap: skaarser
Oortreffende trap: skaarsste
Attributief: skaars
Betekenis:
• Waarvan daar min is.
• Iemand wat mens nie baie sien nie.
Gebruik:
• Diamante is so duur want dit is baie skaars.
• Hoekom is jy deesdae so skaars?
Vergelyking:
• So skaars soos hoendertande.
Antoniem:
• volop
Vertaling:
Engels: scarce, rare; a stranger
Nederlands: zeldzaam, raar
Bywoord: skaars
Betekenis:
• As iets net-net gebeur het, of as dit net-net so is.
Gebruik:
• Ons was skaars daar, toe steek hulle die vuur aan.
Vertaling:
Engels: scarcely, hardly, barely
Nederlands: nauwelijks
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|