siel [boodskap #129038] |
Vr, 03 Januarie 2020 18:52 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20589 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
siel
Afbreking: siel
Selfstandige naamwoord: siel
Meervoud: siele
Verkleinwoord: sieletjie
Meervoud van verkleining: sieletjies
Betekenis:
• Die geestelike en emosionele sy van 'n mens; nie-stoflike wese waar gevoelens, gedagtes en die wil gestel is.
• 'n Mens in die algemeen.
Gebruik:
• Hy het sy hart en siel in die projek ingesit.
• Die arme siel! Daar is 20 siele aan boord. Nie 'n siel het by sy roudiens opgedaag nie.
Spreekwoord:
• Hy trek my siel uit. [Iemand terg.]
• Bewaar jou siel! [Pas op; 'n dreigement.]
• Met sy siel onder sy arm rondloop. [Hom verveel.]
• Hy is met hart en siel in sy werk. [Met alle kragte.]
• Hy hou siel en liggaam bymekaar. [Net genoeg hê om van te lewe.]
• Agter geld soos die duiwel agter 'n siel aan. [Baie geldgierig.]
• Sy siel en saligheid vir iets verkoop. [Vir niks terugdeins om sy doel te bereik nie.]
Vertaling:
Engels: soul, heart, spirit, mind
Nederlands: ziel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|